'n Links-soewereinistiese dink- en aksiegroep in Vlaandere


Meervoud is 'n links-nasionalistiese dink- en aksiegroep vir 'n soewereine Vlaandere waarvan die strategiese doelstellinge is: versterking van die Vlaamse volksbewussyn, nasionale soewereiniteit én volksoewereiniteit in 'n Vlaamse staat. Dit is te sê dat 'n interne demokratiese regsorde die deur die wêreldkapitaal en deur die neoliberalisme uitgeskakelde demokrasie in Vlaandere moet herstel. Om hierdie doeleindes te bereik word maandeliks 'n tydskrif uitgegee onder die naam van "Meervoud", word brosjures en boeke gepubliseer en word inisiatiewe geneem of word deelgeneem aan andere wat die realisasie van die bogenoemde doelstellinge digterby bring.

Sedert die ontstaan van die Belgiese staat in 1830 het die mag van die Belgiese oorheersende klas op die grootnywerheid gesteun. Maar van die jare tagtig van vorige eeu af het die kaarte in België grondig deureen geskud geword. Die Belgiese klas het nou 'n onderdeel geword van die multinasionale kapitalistiese groepe wat 'n neoliberale beleid oplê aan die Europese volkere, veral via die Europese Unie (EU). Dié beleid beteken sosiale afbraak en uitskakeling van die demokrasie.

Die Belgiese oorheersende klas speel nog wel politieke baas, met die steun van die wêreldkapitaal, maar hulle is steeds minder die ideologies leidende klas vir die bevolking. Waarom? Om hulle heerskappy te bestendig moet hulle steeds meer 'n beroep doen op anti-sosiale en ondemokratiese middele. Een van die pylers daarvan is die oorhewel van bevoegdhede na onverkose supranasionale organisasies (soos die EU).

Deur die verlies aan ideologiese invloed van die Belgiese heersende klas word die gemeenskaplike referensiekader van Vlaandere en Wallonië geërodeer, die twee nasies wat sedert 1830 in die Belgiese staatsverband leef. Die Belgiese staatsnasionalisme moet terrein prysgee aan die twee volke: die Vlaamse en die Waalse. Die gemeenskaplike Belgiese belang vervaag. Daar groei langsaam 'n nuwe visie op die algemene belang wat nie meer Belgies is nie, maar Waals of Vlaams.

Vir die linkse Vlaams-nasionaliste is volgende prioriteite van groot belang:
  • Versterking van die Vlaamse nasionale bewussyn, onder meer deur die verdere uitbou van die Nederlandse taal (die sesde taal in Europa, 22 miljoen mense - Nederland en Vlaandere), respek vir die taalwette in en rondom Brussel, teen die oprukkende indiwidualistiese consumerism waarin die Engelse taal dominant is. Geen diskriminasie nie maar integrasie van migrante in Vlaandere deur hulle aan te sit (en daarby die nodige owerheidsmiddele te voorsien) hulle te bekwaam in Nederlands.
  • Nasionale soewereiniteit vir Vlaandere, as onafhanklike staat in 'n Konfederasie van Europese State (die Europese Unie herlei die volkere tot etnieë of tot geweste met beperkte kulturele en nog minder ekonomiese seggenskap). 'n Vlaamse staat moet sy soewereiniteit verower deur hom aan die dwangbuis van die wêreldkapitaal te onttrek wat die nasionale soewereiniteit van volkere vervang deur die soewereiniteit van aandeelhouers en managers.
  • ''n Vlaamse staat is internasionalisties, d.w.s. dat daar ''n groot openheid na andere state en volkere ontwikkel moet word en dat probleme tussen volkere op vreedsame wyse opgelos moet word. 'n Soewereine Vlaamse staat moet die relasies met ons buurstate en die Waalse volk intens en kostruktief ontwikkel. Die linkse Vlaams-nasionaliste wil samewerking met al die demokratiese en soewereinistiese bewegings in Europa en die wêreld.
  • Linkse Vlaams-nasionaliste sien die herstel van die demokrasie deur die uitbou van die volkssoewereiniteit. Dit wil sê dat elke staatsgesag die uitdrukking is van die volk se wil via 'n interne regsorde. Dit is die bron van alle politieke legitimiteit. Ons verwerp die legitimiteit van supranasionale tegnokrasieë wat nie demokraties gekontroleer kan word nie, soos die EU, die IMF, die NAVO, die OCDE, ...).

Ons wil die demokratiese orde ook rig op die nasie se sosiaal-ekonomiese ontwikkeling: ons dink onder meer aan die demokratiese kontrole op kapitaal, aan 'n kontraktueel kader in die ekonomie tussen maatskappye en owerheid (waarin sosiale en ekologiese norme afdwingbaar is en die seggenskap van vakbonde en konsumente gewaarborg is), aan 'n sosiaal regverdige belastingstelsel, aan volwaardige werkverskaffing en sosiale versekering. Dit verg 'n breuk met die neoliberale basisresepte.
Die herstel van die demokrasie via die volkssoewereiniteit sal die groeiende kloof tussen rykes en armes in Vlaandere help dig en is die beste weg na die herstel van die welvaart en welsyn van die Vlaamse volk.

Brussel, Maart 2005